
Slegs 66% van volwassenes geregistreer om te stem
Loading player...
Sy Mamabolo, die uitvoerende beampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, het vanoggend tydens 'n inligtingsessie oor die komende verkiesingsregistrasienaweek gesê dat al 23-duisend-296 stasies Saterdag en Sondag van 8-uur soggens to 5-uur die middag oop sal wees. Mamabolo voeg by dat slegs 66% van die geskatte stemgeregtigde inwoners van die land geregistreer is om te stem.