
Suid-Afrikaners aangemoedig om die naweek te registreer om te stem
Loading player...
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi Nkadimeng, versoek alle stemgeregtigde kiesers om hierdie naweek te registreer om te stem. Ter voorbereiding vir volgende jaar se nasionale en provinsiale algemene verkiesings, sal kiesersregistrasiestasies hierdie naweek oopmaak om mense die geleentheid te gee om te registreer. Sy Mamabolo, die uitvoerende beampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, sê al 23-duisend-296 stasies sal Saterdag en Sondag van 8-uur soggens to 5-uur die middag oop wees.