
Voortvlugtige aangekeer vir transitoroof
Loading player...
‘n Negende verdagte in ‘n transitoroof wat in Augustus naby Malalane uitgevoer is, verskyn vandag weer in die hof. Volgens die Valke was Mphendulo Hassane voortvlugtig tot hy Saterdag in KaNyamazane gearresteer is. Dit volg op ‘n wenk wat van die publiek ontvang is. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Hassane is met sy vingerafdrukke aan een van die wegkomvoertuie verbind. Hy het Maandag reeds sy eerste hofverskyning gemaak.