
Wildtuin waarsku oor opbloei van sonbesies
Loading player...
Die Nasionale Krugerwildtuin sê die Letaba-ruskamp ervaar tans ‘n opbloei van sonbesies. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê hul huidige oorvloed kan te wyte wees aan die temperatuur, humiditeit en reënval. Hy sê hulle is skadeloos, maar word gelok deur lig. Besoekers is aangeraai om vensters toe en stoepligte af te hou. Danie Pienaar, die senior algemene bestuurder van bewaring sê hul volume kan ‘n oorweldigende gebrom veroorsaak.