
Ondersoek na man by vulstasie doodgeskiet word
Loading player...
Die polisie in Ermelo ondersoek ‘n moord waartydens die 25-jarige Smangaliso Innocent Nkosi Sondag by ‘n vulstasie doodgeskiet is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hy saam met vriende daar om hul voertuie op te vul toe ‘n man, wat aan hulle bekend is, hulle genader en Nkosi verskeie kere geskiet het.