
DA doen beroep op LUR om lisensiebedrog te bekamp
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê veel meer moet gedoen word om bedrog met lisensies in die provinsie hok te slaan. Volgens die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, verloor die Departement van Gemeenskapsveiligheid miljoene wanneer beamptes saam met motoriste werk om lisensies onwettig te hernu en verkeersboetes te kanselleer. Sy sê die agterstand by lisensiekantore moet aangespreek en bestuurskole moet gereguleer word.