
DA waarsku oor Sabie se water
Loading player...
Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en risiko van waterdraende siektes aangesien hul vars water erg besmet is met E-coli en fekale koliforme bakterieë. Volgens die DA-parlementslid, Sonja Boshoff, is dit onthul in 'n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die sakekamer en ander belanghebbendes gedoen is. Die E-coli-bevindings is by die munisipaliteit aangemeld, maar hulle het nog niks daaraan gedoen nie. Sy sê die DA sal die Menseregtekommissie nader as daar nie binne sewe dae daadwerklik opgetree word nie.