
Vrou doodgeskiet by taxi-halte in Mbombela
Loading player...
‘n 36-jarige vrou is vanoggend by die minibustaxi-halte in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisie het die voorval om ongeveeer 20-oor-vyf gebeur. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die vrou was op pad werk toe toe mense in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar in die bolyf geskiet het. Sy is op die toneel dood verklaar.