
DA sê Mpumalanga laat na om skole te herstel
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, moet verduidelik hoekom sy departement hul Infrastruktuur-toelaag onder-spandeer. Volgens DA-lid Jane Sithole het 72 skole die afgelope jare stormskade gely. Sy sê verskeie skole in Gert Sibande en Nkangala distrikte is ook verlede week deur sterk winde beskadig. Sovêr het die departement egter slegs 18-persent van sy toelaag vir hierdie finansiële jaar spandeer met vertragings wat in alle projekte aangemeld is.