
TRAC pas instandhouding aan om nie N4-verkeer te ontwrig nie
Loading player...
TRAC N4 gradeer tans die pad tussen Kaalrug en Malalane-hek op, wat gister tot groot verkeersopeenhopings gelei het. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit word verbreed na ‘n vier-baan met ‘n nuwe duikwegbrug. Sy sê vir verg die sluiting van bane, maar om te verhoed dat verkeer soos gister weer ophoop, sal hulle voortaan - sover moontlik - alternatiewe padwerke doen asook snags werk wanneer verkeersvolumes op hul laagste is.