
Vrou aangekla van moord na sy glo haar baba in hut aan brand steek
Loading player...
‘n 28-jarige vrou verskyn môre in die hof in Emalahleni op ‘n moordaanklag weens bewerings dat sy haar sewe-maande-oue-babadogter doodgebrand het. Volgens die polisie het die voorval Sondagoggend om ongeveer 3-uur by Vosman naby Witbank plaasgevind. Die polisiewoorvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê sy het na bewering die hut met haar baba in aan die brand gesteek, na 'n hewige argument met haar man.