
Mpu onderwys sê onnies is betaal
Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hulle het die ses onderwsyers by Lamulelani High in Marite in Bosbokrand wat glo sonder betalings gewerk het, betaal wat hulle toekom. Dit volg op mediaberigte oor die tydelike onderwysers wat vir meer as ‘n jaar lank nie betaal is nie. 'n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die beheerliggaam het die skoolfhoof verjaag en die onderwysers aangestel sonder toestemming van die departement.