
Vier transitowers in Schoemansdal aangekeer
Loading player...
Vier vermeende transitorowers is Vrydagoggend aangekeer na hulle ‘n Fidelity gepantserde voertuig naby Malelane aangeval het. Volgens die Valke was die kontantwa op pad na Tonga. ‘n C-klas Mercedes wat Dinsdagaand naby Oakley gekaap is, is gebruik om dit te stamp en hy het omgeslaan. Die aanvallers het die wa oopgeblaas, en kon 8-duisend-Rand in muntstukke buit. Die verdagtes is later by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer waar die twee wegkom-voertuie ook teruggevind is.