
DA soek antwoorde oor MEGA se skuld
Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die uitvoerende beampte van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap (MEGA), Isaac Mahlangu, om inligting te verskaf oor die werk wat gedoen is om uitstaande lenings aan die agentskap in te win. Volgens DA-lid Bosman Grobler het MEGA die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur oortree toe hy versuim het om die proses te implementeer om hul uitstaande skuld in te win. Grobler sê dit is kommerwekkend omdat die Ouditeur-Generaal bevind het hul finansiële verliese in 2022 was 292-miljoen-Rand.