
Valke op soek na man wat departement bedrieg
Loading player...
Die Valke in Mpumalanga is op soek na 'n aangeklaagde wat versuim het om in die hof te verskyn na hy glo die Departement van Arbeid in Piet Retief bedrieg het. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 40-jarige Kwena Mohlala reeds twee keer in die hof verskyn voor hy verdwyn het. Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte te kontak by 082-304-0147.