
DA sê oproepe vir Landelike Veiligheidsplan staan stil in Mpumalanga
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê inwoners op geïsoleerde plase en plotte moet hul sekuriteit opskerp omdat oproepe vir die regering om toegewyde Landelike Veiligheidseenhede op die been te bring tot niks lei nie. DA-lid Jane Sithole sê hierdie jongste beroep volg na nog ‘n aanval op ‘n bejaarde vrou gisteraand buite Mbombela. Volgens Sithole is huise sagte teikens vir huisrowers en lei dit tot plaasmoorde. Sy sê te min vordering is gemaak om strategieë te implementeer om die veiligheid te verbeter van plaasbewoners.