
Twee verskyn in Mpumalanga-hof vir 2-miljoen-Rand se dagga
Loading player...
Twee buitelandse burgers sal na verwagting vandag in die hof in Ermelo verskyn na hulle Woensdag in die Lothair-omgewing aangekeer is met ‘n bakkievrag dagga. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle die sekerheidswagte wat hulle vasgetrek het, probeer omkoop. Die 52 sakke weeg ongeveer 650-kilogram en het ‘n geraamde waarde van 2-komma-25-miljoen-Rand.