
DA Mpumalanga vra vir groter ingryping in sukkelende munisipaliteite
Loading player...
Die DA in Mpumalanga het aan die LUR vir Samewerkende Regering, Manda Msibi, geskryf om te vra dat hy strenger maatreëls implementeer in munisipaliteite in finansiële krisis. Trudie Grove-Morgan sê Emalahleni en Govan Mbeki voer, ondanks ingryping, steeds ‘n stryd om ‘n inkomste te verdien uit hul dienste. Hulle kan gevolglik ook nie hul krediteure betaal nie. Volgens die DA word Emalahleni nou 7-komma-4-miljard-Rand deur verbruikers geskuld.