
Mynaansoek in Schoemanskloof gebring
Loading player...
Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) ondersoek 'n aansoek wat gebring is om in Schoemanskloof te myn. Linda Grimbeek sê die aansoekers het aangevoer dat hulle nie openbare deelname prosesse na kon kom nie weens die Covid-pandemie. Die sakekamer het 'n kenner aangestel om die aansoek te analiseer en sal formeel aansoek doen om toegang tot die dokumentasie. Grimbeek sê sover hulle kon vasstel is geen prosesse gevolg nie.