
Klagte teruggetrek teen een beskuldigde na moord op sesjarige
Loading player...
Die aanklagte teen een van die beskuldigdes in Bontle Mashiyane se moord, is teruggetrek. Die sesjarige dogtertjie se liggaam is in April verlede jaar vermink aangetref naby haar huis buite Witrivier. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, was daar onvoldoende bewyse teen Samuel Mangebeletane. Die vier ander beskuldigdes het Vrydag in die hof in KaBokweni verskyn. Hulle word aangekla van onder meer moord, sameswering om moord te pleeg, ontvoering en regsverydeling. Die saak is uitgestel tot 6 Oktober.