
Vier aangekeer vir plaasmoord in Balfour
Loading player...
Vier verdagtes is aangekeer na die moord op ‘n boer gisteroggend in Grootvlei buite Balfour. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 79-jarige Theo Frederik Bekker en sy vrou aangerand. Hy het aan sy beserings beswyk. Drie vuurwapens en ‘n voertuig is gesteel. 25-kilometer verder het die gesteelde Renault Kwid in Villiers in die Vrystaat omgeslaan. Die aanvallers het gevlug maar ‘n ooggetuie het die polisie gekontak en die Villiers-polisie het hulle vasgetrek. Twee gesteelde wapens is in hul besit gevind. Die haelgeweer is op die ongelukstoneel agtergelaat. Die verdagtes, almal tussen 16 en 19 jaar oud, verskyn môre in die hof.