
DA bekommerd oor tekort aan brandbestrydings-kapasiteit in Thaba Chweu
Loading player...
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat Thaba Chweu-munisipaliteit 45% van sy begroting aan vergoeding vir amptenare spandeer, terwyl basiese lewensreddende toerusting in die slag bly. Volgens DA-lid Trudie Grovè-Morgan beskik die munisipaliteit oor slegs twee brand-bestrydingbakkies om die 99-duisend inwoners van Sabie, Graskop en Lydenburg te bedien. Sy sê ‘n verskaffer van nood-branddienste moet dringend aangestel word.