
Liggaam van vermiste Piet Skead gevind
Loading player...
'n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is. Skead was 'n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog gekoördineer het, is hy binne 'n kilometer radius van sy huis gevind. Daar word vermoed dat hy gegly en by die vleiland, tussen Coltshill en Parkview, se bank afgeval het. Die polisie is tans op die toneel en meer besonderhede sal gedeel word sodra dit bekendbemaak word.