Action SA sê Kubaanse dokters kry voorkeur bo Suid-Afrikaners in Mpumalanga
Loading player...
ActionSA in Mpumalanga sê die provinsiale department van gesondheid het plaaslike intern-dokters uit hul hospitaal verblyf gesit om eerder Kubaanse dokters te huisves.
Volgens Thoko Mashiane, provinsiale voorsitter van Action SA moes die kandidaatdokters hul eie verblyfsreëlings tref. Hy sê hulle is ook teleurgesteld dat Kubaanse dokters werk terwyl gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse dokters sonder werk is. Die party beplan om more ‘n memorandum van klagtes aan die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, te oorhandig by Ermelo-hospitaal.