
DA sê Hillsview-riool oorvloei reeds ses jaar
Loading player...
Die DA in Mbombela sê hy is diep bekommerd oor ‘n geblokte riool-afvoerpyp wat na ses jaar steeds oorstroom by Hillsview in Witrivier. Mbombela-raadslid David Schofield lê die probleem voor die deur van die kontrakteur wat die pyp vervang het. Hy sê die reuk is onhoudbaar vir inwoners en niks het verander sedert die munisipaliteit ses weke gelede ‘n oorsigbesoek gebring het nie.