
LUR gryp in by onreëlmatige aanstellings in Thaba Chweu
Loading player...
Die DA in Mpumalanga het die besluit verwelkom van die LUR vir Samewerkende Regering om die burgemeester van Thaba Chweu in die bek te ruk oor onreëlmatige aanstellings. Mandla Msibi het Friddah Nkadimeng opdrag gegee om Ehlanzeni Distrik te vra om beamptes te ontplooi om waar te neem as direkteur van Gemeenskapsdienste en direkteur van Beplanning omdat iemand nie vir lager as drie maande in ‘n pos mag waarneem nie. Volgens DA-raadslid Spiridon Couvaras hoop hulle dit verbeter dienslewering.