
DA sê amper die helfte van water in Mpumalanga gaan verlore
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd dat amper die helfte van water wat deur munisipaliteite in die provinsie gekoop word, nie verbruikers bereik nie. Trudie Grovè-Morgan sê dit is weens lekkasies en die diefstal van infrastruktuur. Volgens die 2023 “Geen-druppel-versLag” het die lekkasie-indeks in Mpumalanga sedert 2015 van 2,9 verhoog tot 4,8 in 2022. Sy sonder Dipaleseng, Victor Khanye en Thaba Chweu uit waar tussen 71- en 61-persent van water verlore gaan.