Dis die Pumas en Cheetahs in die finale stryd om die Curriebeker

Loading player...
Die Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig nadat hulle Saterdagaand in Durban moedig uitgehou het om met 26-20 oor die Haaie te seëvier. Die Airlink Pumas, wat vier drieë teen net twee van die Haaie gedruk het, pak die Cheetahs eerskomende Saterdag in die eindstryd. Die Vrystaatse span het die voordeel van 'n tuiswedstryd, nadat hulle vroeër die Bulle met 39-10 afgeransel het. Ruan Pienaar het 22 van die Cheetahs se punte met sy skopskoen aangeteken. Die Pumas se agterlyn-afrigter, MJ Mentz.
19 Jun 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min

Dis hoe ons rol in die Laeveld

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
14 Apr 6AM 10 min

AHEI: Wat is dit

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
11 Apr 8AM 9 min