
Soektog na verdagtes wat Transnet-infrastruktuur beskadig
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n groep verdagtes wat na bewering infrastruktuur by Transnet beskadig het wat nou sowat een miljoen rand sal kos om reg te maak. Die polisie sê die verdagtes het ‘n gat in die semistaatsinstelling se pyplyn in Vosman in Emalahleni gesny, wat ‘n brandstoflek veroorsaak het. Die lekkasie is deur veiligheidspersoneel ontdek.