
DA: Mpumalanga-paaie benodig toegewyde begroting vir herstelwerk
Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, om spesifiek te begroot vir herstelwerk van padinfrakstruktuur. Volgens Trudie Grovè-Morgan is daar hierdie finansiële jaar slegs sowat R2,4 miljard vir vervoerinfrastruktuur begroot, terwyl alle provinsiale paaie, volgens die departement self, tussen 2019 en 2022 agteruit gegaan het. Sy sê 58% van konstruksietoerusting is ook in ‘n swak toestand weens gebrekkige instandhouding en herstelwerk.