
Nasionale polisiekommissaris loof Kevin Pillay tydens gedenkdiens in Mbombela
Loading player...
Die nasionale polisiekommissaris, Generaal Fannie Masemola, het Saterdag sy eer betoon aan die wyle Kevin Pillay tydens sy gedenkdiens in Mbombela. Pillay was vir langer as ‘n dekade die raadsvoorsitter van die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum, en was ook die algemene sekretaris van die nasionale gemeenskapspolisiërings kolsultatiewe forum toe hy onlangs na ‘n kort siekbed oorlede is. Masemola het sy toewyding aan die gemeenskap geloof.