
Ouers aangekla weens verberging van kindjie se dood in KaBokweni
Loading player...
'n Ma en stiefpa wat verlede week in die hof verskyn het vir die beweerde verkragting van hul tienerjarige dogter, word vandag aangekla van die verberging van 'n dood, na die oorskot van 'n eenjarige kind in hul erf in Pienaar opgegrawe is. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, verskyn hulle vandag in die Kabokweni-landdroshof. Die 43-jarige man en 35-jarige is Woensdag van die verkragting van die dogter aangekla na hulle Dinsdag aangekeer is. Die kind en haar vier sibbe is in ‘n plek van veiligheid geplaas.