
DA maak beswaar oor beskikbare ambulanse in Mpumalanga
Loading player...
Die DA in Mpumalanga vra dat die gesondheidsombud ondersoek instel na die provinsiale gesondheidsdepartement se versuim om nasionale riglyne oor nood mediese sorg na te kom. Volgens Jane Sithole word lewens in gevaar gestel deur die tekort aan ambulanse en personeel. Die vierde kwartaal-verslag vir 2022/23 wys daar is slegs 48 operasionele ambulanse in die provinsie. Sithole sê ‘n sentrale bestuurstelsel vir nooddienste word ook benodig.