
ActionSA vra dat Thaba Chweu en Msukaligwa onder administrasie geplaas word
Loading player...
ActionSA in Mpumalanga sê hy sal vandag aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Nlodvu, skryf om te vra dat Thaba Chweu- en Msukaligwa-munisipaliteite onder administrasie geplaas word. Dit kom na die Ouditeur-Generaal bevind het beide plaaslike owerhede het hul begrotings oorspandeer sonder om hul teikens te behaal. Volgens Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, het Thaba Chweu 104% van sy begroting spandeer om 29% van basiese dienste en infrastruktuur teikens te bereik.