
Mpumalanga-polisie arresteer meer as 500 verdagtes in gesamentlike operasies
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het die naweek 528 arrestasies gemaak tydens verhoogde polisie-aktiwiteite in al drie distrikte van die provinsie. Volgens die provinsiale polisie-kommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het hulle saam met onder andere die burgemeester van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mhlonishwa Masilela, tradisionale leiers en lede van die taxi-industrie gewerk. In Marite naby Hazyview is ‘n verdagte aangekeer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Sy sê hulle fokus op probleem-areas.