
DA: Thaba Chweu-munisipaliteit maak onreëlmatige aanstellings
Loading player...
# Die DA in Thaba Chweu sê die ANC-regering het onreëlmatig drie sleutel-aanstellings gemaak tydens 'n raadsvergadering Woensdag. Volgens DA-raadslid Marius Opperman, is waarnemende direkteure vir Korporatiewe Dienste en Gemeenskapsdienste aangestel en is die kontrak vir die huidige waarnemende hoof van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling verleng, Dit na alle opposisie raadslede uitgestap het uit protes teen die wettigheid van sekere items wat deur die waarnemende munisipale bestuurder voorgestel is. Opperman sê die besluite is deurgevoer sonder ‘n kworum deur slegs 13 ANC-lede.