
Medelye na afsterwe van voormalige voorsitter van Mpumalanga G-P-F
Loading player...
Die LUR vir gemeenskapsveilighied in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het sy medelye betuig met die afsterwe van Kevin Pillay. Pillay is Woensdag na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was vir langer as ‘n dekade die raadsvoorsitter van die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum, en was ook die algemene sekretaris van die nasionale koördineringsforum. Volgens Shongwe se woordvoerder, Moeti Mmusi, was Pillay op die voorste linie van gemeenskapspolisiëring.