
Sekerheidswagte met verbode vuurwapens gevang
Loading player...
Twee manlike sekerheidswagte verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieërde en verbode vuurwapens. Die twee is gister in Wtibank aangekeer na hulle glo teen ‘n hoë spoed verby sigbare polisielede gejaag het in ‘n Etios sonder nommerplate. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle gestop en deursoek. Twee AK-47’s en vier Z-M’s sowel as ammunisie vir ‘n jaggeweer is gevind. Mdhluli sê ‘n totaal van 136 rondes ammunisie is gekonfiskeer.