
DA: Estralita Spesiale Skool kort dringend aandag
Loading player...
Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings van rassisme by die skool, maar ‘n jaar later het die taakspan wat dit moes ondersoek glo nog geen verslag gelewer nie. Boshoff doen ‘n beroep op die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, om dringend in te gryp.