
Mans van Eswatini met dagga betrap in Mpumalanga
Loading player...
Twee mans van Eswatini sou vandag in verskillende howe in Mpumalanga verskyn op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is ‘n 29-jarige verdagte Saterdagoggend by die Mahamba-grenspos aangekeer met ongeveer 50-duisend-Rand se dagga wat binne ‘n vals kompartement in sy voertuig versteek was. ‘n 30-jarige verdagte sou ook vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dagga en oortreding van die Wet op Immigrasie. Dit is na hy gisteraand naby die Jeppes Reef-grenspos tydens ‘n stop- en deursoek operasie met ongeveer 30-duisend-Rand se dagga betrap is.