Vyf in hof vir korrupsie by Tutuka-kragstasie
Loading player...
Vyf mense het gister in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Middelburg verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.
Volgens die Valke spruit die klagte uit ‘n bestelling wat deur Tutuka-kragstasie by Umnandi Konferensie en Spysernieringsdienste geplaas is vir twee vraghouers teen ‘n baie verhoogde prys.
Valke woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Zandile Ngcobo is ‘n voormalige aankoper by Eskom se Tutuka-kragstasie. Die saak teen haar en haar medebeskuldigdes Annemarie Stander, Jessica Khubheka, Solomon Twala en Nomsa Sibiya is uitgestel tot 8 Junie.