
Pumas soek 'n wen teen Haaie in Mbombela
Loading player...
Die Airlink Pumas speel vanmiddag om 5-uur teen die Haaie in die Curriebeker by Mbombela-stadion. Met vyf rondes oor lê die Cheetahs bo die Pumas op die punteleer met twee punte, so die tuisspan wil vanaand wen. Louis Janse van Rensburg, kondisioneringsafrigter, sê hoewel die Haaie sterk is in die skrums en rolmaalbewegings, die Pumas al bewys het hulle kan fisiek meeding.