
DA vra OB om ondersoek in te stel na Mpumalanga Varsproduktemark
Loading player...
Die DA het die Openbare Beskermer gevra om ondersoek in te stel na die vertragings en koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is meer as 2-miljard-Rand reeds daaraan spandeer. Hy sê die LUR vir finansies, toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Mpumi Hlophe, het in die wetgewer aangedui dat al die geboue slegs tussen 47 en 94-persent afgehandel is.