
Wyksraadlid aangekeer wat tiener glo probeer verkrag
Loading player...
‘n 39-jarige wyksraadslid verskyn vandag in die Kriel-hof op aanklagte van huisbraak, aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot verkragting. Volgens die polisie in Mpumalanga het die man Vrydag saam ‘n vriend gedrink terwyl die kind se ma by die werk was. Hy het sy vriend in ‘n taverne agtergelaat en by sy huis ingebreek waar hy na bewering die 12-jarige aangerand het. Haar ouer suster het die polisie ontbied. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hy het aanvanklik gevlug maar is kort daarna aangekeer.