
Voormalige bestuurder by Kriel-kragstasie gevonnis vir bedrog en diefstal
Loading player...
‘n Voormalige finansiële bestuurder by Eskom se Kriel-kragstasie is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en diefstal. Volgens die Valke in Mpumalanga het Sifiso Jacob Masina (42) tussen Mei 2011 en Februarie 2012 amper 514-duisend-Rand betaal aan twee maatskappye wat aan homself en sy ma behoort het, sonder dat enige dienste aan die kragnutsmaatskappy gelewer is. Die agt jaar vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Hy moet ook die geld aan Eskom terugbetaal.