
Vermeende mensehandelaar skuldig dat hy onwettig in die land is
Loading player...
‘n Man wat aangekla is van mensehandel is vrygespreek op dié klagte in die Bethal-landdroshof. Die 43-jarige Eduardo Teixeira is egter skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat hy saam met sy vriendin mense van Mosambiek na Suid-Afrika gelok het met die belofte van goeie werk, maar dat hulle gedwing is om op ‘n plaas te werk. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê alle klagte is teen sy vriendin, Nhlanhla Thabetha, teruggetrek.