
Deel van Witrivier nou reeds twee weke sonder water
Loading player...
Dele van Witrivier het vandag reeds meer as twee weke geen water in hul krane nie. Veral die boonste deel van Peter Grahamstraat loop erg deur. Volgens Silulumanzi, wat water vanaf die Boschrand-reservoir daarheen pomp, vererger beurtkrag en onwettige aansluitings tussen Nelspruit en die betrokke waterreservoir in Witrivier die situasie. Pierre du Preez, ondervoorsitter van die Power of 8000 en die Witrivier-belastingbetalersvereninging, lê die krisis voor die deur van Mbombela-munisipaliteit.