
Alles gereed vir Elands-marathon Saterdag
Loading player...
Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag. Meer as 1-duisend-700 deelnemers het reeds ingeskryf. Die skilderagtige roete vir die 42-kilometer begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana. Solange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, sê dit word beskou as die vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades in Mpumalanga.