
Polisie vra kalmte ná dodelike taxi-geweld in Oakley
Loading player...
‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike is gewond. Die polisie-woordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê sowat 15 minibusse is beskadig en een is aan die brand gesteek. Die polisie is op 'n hoë gereedheids-grondslag geplaas.