
Ongeluk eis vier op die N4
Loading player...
Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby Witbank. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 7-uur plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer ingery het. Hy het teen ‘n ander voertuig gebots en verskeie ander voertuie was in ‘n sekondêre botsing betrokke. Insittendes van die twee sedans is oorlede. Die bestuurders van die twee ligte afleweringvoertuie wat ook betrokke was, is beseer.